Konfigurasie Benodig
Om Mandrake Linux te installeer kan so maklik wees as om die installasie CD in die CDROM-aandrywer te sit en u rekenaar te herlaai. Kyk asb. onder punt 1 vir meer inligting.
LET WEL:
Hier is die metodes om Mandrake Linux te installeer:
Die Installasie-CDROM is selflaaibaar. In meeste gevalle kan u die CD in die aandrywer plaas en die rekenaar herlaai. Volg dan die instruksies op die skerm: druk die [Enter] sleutel om die installasie te begin of druk [F1] vir verdere hulp.
LET WEL:
Op sekere skootrekenaars, sal die stelsel nie vanaf 'n CD selflaai nie. In so 'n geval moet u 'n herlaaiskyf gebruik. Sien punt 2 vir detail.
Indien u rekenaar nie vanaf 'n CDROM kan selflaai nie en die ander metodes nie werk nie, kan u 'n herlaaiskyf as volg maak:
Om die installasie te begin:
Indien, vir enige rede, die vorige metodes nie u doel dien nie (u mag dalk 'n netwerkinstallasie wil uitvoer of van PCMCIA af installeer), moet u ook 'n selflaaiskyf maak:
Hier is the selflaaibeelde:
cdrom.img | installeer vanaf CDROM |
hd.img | installeer vanaf hardeskyf (van 'n Linux, Windows, of ReiserFS lęerstelsel) |
network.img | installeer vanaf ftp/nfs/http |
other.img | installeer met mingebruikte drywers wat nie op die vorige diskette pas nie. |
pcmcia.img | installeer vanaf PCMCIA-toestelle (waarskuwing, meeste PCMCIA-netwerktoestelle word direk ondersteun in network.img) |
usb.img | installeer vanaf USB-toestelle: USB netwerktoestelle vir netwerkinstallasie, of USB-CDROM/CDRW's vir CD-installasie. |
blank.img | installeer pasgemaakte Linux-stelselkern |
blank.img is 'n minimalistiese herlaaibeeld om stelselkerninstallasies aan te pas.
U kan ook 'n teksgebaseerde installasie doen, indien u dalk probleme met die verstek grafiese installasie ondervind. Om dit te gebruik, druk [F1] by die Mandrake Linux verwelkomingskerm en tik dan text op die instruksielyn.
Indien u benodig om 'n redding op u bestaande Mandrake Linux uit te voer, selflaai vanaf die installasie CDROM of enige selflaaiskyf, druk [F1] by die Mandrake Linux verwelkoming en tik dan rescue op die instruksielyn.
Sien http://www.linux-mandrake.com/drakx/README vir meer tegniese inligting.
Baie belangrik:
Die "root" gebruikerskode sal u onbeperkte toegang gee tot die Linux-stelsel. Moet dit nie gebruik, behalwe vir konfigurasie or administrasie nie. Vir normale daaglikse take, gebruik 'n normale gebruikerskode wat u opstel met "userdrake" program of met die "adduser USER" en "passwd USER" instruksies.
Vir installasie ondersteuning sien die Mandrake diffusielys en die neulvrae (FAQ) op die Mandrake webwerf: